Eduplus Primêre Skool se graad 4’s het behoorlik uitgeblink in die onlangse AMESA wiskunde olimpiade vir Vrystaat skole en in die finale rondte van die JET wiskunde uitdaging van die Vrystaatse onderwysdepartement.
Op die foto van links agter is Emile Venter (goue toekenning: AMESA), Talha Suleman (silwer toekenning: JET), Henriette Jansen (onderwyseres) en Lane Rossouw (goue toekennings: JET en AMESA, sowel as tweede posisie in die Vrystaat) Voor staan JP Maree (silwer toekenning: JET), Thiashan Padayachee (silwer toekennings: JET en AMESA), Elne Spies (goue toekennings: JET en AMESA), Maria Yazbek (goue toekenning: AMESA en brons toekenning: JET), Meandri Britz (brons toekenning: JET), Ethan Codron (goue toekennings JET en AMESA en 8ste posisie in die Vrystaat). Ethan se prestasie is uitsonderlik, aangesien hy tans nog in graad 3 is. Die olimpiades word eers vanaf graad 4 aangebied.