Druk program vir VS Fietsry

0
743

Vrystaat Fietsry se eerste padwedren het reeds Saterdag plaasgevind en in Mei is daar ’n baie druk program wat op die voorste fietsryers in die provinsie wag. Saterdag se padwedren het oor afstande van 20, 60 en 110 km plaasgevind.
Die twee korter afstande is vir alle ouderdomsgroepe en ook rekreasieryers, maar slegs vol-geregistreerde ryers het aan die 110 km-wedren deelgeneem.

In Mei wag daar Tydtoetse asook Kriterium en Padwedrenne. Ryers kan reeds op 4 Mei aan die Tydtoets 1 asook Kriterium 1 deelneem om voor te berei vir die Vrystaatse Kriteriumkampioenskappe en Tydtoets 2 wat op 11 Mei plaasvind.
Die Vrystaatse Tydtoetskampioenskappe en Kriterium 3 vind op 18 Mei plaas en die Vrystaatse Padkampioenskappe op 5 Mei.
Vrystaat Fietsrykalender is:

4 Mei – Tydtoets 1 en Kriterium 1; 11 Mei – Tydtoets 2 en Vrystaatse Kriteriumkampioenskappe; 18 Mei – Vrystaatse Tydtoetskampioenskappe en Kriterium 3; 25 Mei – Vrystaatse Padkampioenskappe en 8 Junie – Padwedren 3 (Klerksdorp).
Daar kan aanlyn vir al die wedrenne ingeskryf word op Fietsry Suid-Afrika se webwerf by cyclingsa.co.za voor Woensdagaand 20:00 of by L & P Skryfbehoeftes tot Donderdagmiddag 17:00. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Besoek gerus www.fscycling.co.za of sluit aan by googlegroups – Free State Cycling om op die hoogte te bly van die nuutste gebeure en nuus in Vrystaat Fietsry.