Dra jou uitrusting ‘Soos ’n Meneer’

0
587
Justin Ledimo, Summer Kraalshoek, Gershon Lynch en Ronald Petersen dra Soos 'n Meneer-hempies en ontwerperdrag van die plaaslike ontwerper, Marley G. FOTO'S: PIERCE VAN HEERDEN

“Eers was ek ‘n boy, maar nou is ek ‘n meneer. Lewenslesse het my baie goed geleer; eers was ek ‘n boy, maar nou is ek ‘n meneer.” Dit is die lirieke van die Bloemfontein-gebore kunstenaar, die 27-jarige Justin Roger Ledimo, wat die Bloemfonteinse ontwerper Gershon Lynch, beter bekend as Marley G, geïnspireer het om ‘n nuwe ontwerp onder sy handelsmerk, Authority, bekend te stel.

Ontwerper Marley G, wat die Soos ‘n Meneer-ontwerpe vervaardig, is ‘n plaaslike ontwerper van Heidedal, Bloemfontein. Marley G is bekend vir sy byderwetse en kleurryke uitrustings en ontwerpe en maak alles, van rokke tot manspakke. Hy werk saam met Ledimo om iets unieks tot die bedryf te voeg.

Volgens Marley G kies hulle unieke kleure, van salmpienk tot olyfgroen, vir die ontwerpe. Elke modekleur sal deel wees van die klerereeks. Soos ‘n Meneer-T-hemde sal beskikbaar wees op 29 Januarie 2019 by Pop-up by die Ledimo-karwas in Heidedal. Belangstellendes kan Justin Ledimo by 066-115-8546, of Marley G by 067-001-6979 bel vir bestellings. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za