Doodsdreigemente aan premier

0
259

Die provinsiale regering in Noordwes het Donderdag bevestig dat daar dreigemente is om die premier Thandi Modise te vermoor.

‘n Regeringswoordvoerder, Lesiba Kgwele, het gesê die premier is reeds ‘n geruime tyd bewus van die dreigemente.

‘n ANC-beampte in Noordwes, Obuti Chika, is verlede jaar in Desember in die oprit na sy motorhuis geskiet.

Hy is later in ‘n hospitaal in Klerksdorp dood.

Agt mans, insluitend die LUR vir plaaslike regering, China Dodovu, staan tereg vir die moord.

Die saak sal op 13 Junie hervat.

Ses van die agt verdagtes, insluitend Dodovu, is op borgtog vrygelaat.