Dit woel by Naln

0
330

‘n Besige paar dae lê voor by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) op die hoek van Pres. Brand- en Miriam Makebastraat in Bloemfontein.

Naln nooi Bloemfonteiners om die FAK te kom beleef soos nog nooit tevore met Ilne Fourie en Heinrich Lategan in die produksie FAK in styl(e)! op Vrydag 29 Maart 2019 om 19:00.

Kaartjies is beskikbaar by die deure teen R80 vir volwassenes en R50 vir skoliere en studente. Navrae kan gerig word aan Ilne Fourie by 072-337-6043.

Bloemfonteiners kan ook op Dinsdag 2 April 2019 die oggend by Naln kom geniet  tydens die bekendstelling van Die Boerevrou Gedenkboek 2019 deur Jeanette van Rensburg. Die bekendstelling begin om 10:00.

Die Boerevrou was die eerste Afrikaanse vrouetydskrif (1919 – 1931) met Mabel Malherbe as redaktrise. Toegang is gratis, maar belangstellendes moet hul teenwoordigheid bevestig by annelien.naln@sacr.fs.gov.za of 051-405-5407.

Vir meer inligting bel Annelien Diedericks by 076-741-0628.

info@bloemfonteincourant.co.za