Kovsie-Joolgemeenskapsdiens begin 2014 met die bekende ‘JOOL’ – met ywerige studente wat in Januarie reeds begin bou aan kleurvolle vlotte in vanjaar se tema – Flieks.
Vanaf 20 Januarie brand die vreugdevure op die Kovsie-Joolplaas hoog wanneer senior en junior studente saamwerk en saamkuier, met heerlike vermaak wat by die Joolkol verskaf word; bekende groepe soos DJEuphonik en Adam sal onder andere op 31 Januarie optree.
Te midde van al hierdie opwinding vind die bekende ‘Chicken Run’-aandkollekte op 21, 23 en 28 Januarie plaas, asook die Ritsim-verkope wat Bloemfontein en omgewing van 24 tot25 Januarie op horings sal hê.
Al die harde werk bereik ? hoogtepunt tydens die vlotbeoordeling wat gedurende die oggend van 1 Februarie plaasvind, waarná die vlotte om 09:00 vir die eerste optog van die dag na Mangaung en Heidedal sal vertrek.
Met hulle aankoms om 11:00 by Twin City Mall, sal 10 000 maaltye aan gemeenskappe van Heidedal en Mangaung versprei word en leerlinge van Heidedal-skole sal die publiek met hul talent vermaak.
Ons heerlike gesinsfees begin reeds om 16:00 wanneer die hekke by Chevrolet-park se krieketstadion open. Oud en jonk sal vermaak word deur verskeie bekende kunstenaars soos Robbie Wessels, Mango Groove, Zakes Bantwini, asook ‘n skouspelagtige vuurwerkvertoning. Kom vroeg om ? goeie sitplek op die gras te verseker!
Om 17:00 word die vlotwenners bekend gemaak, waarná die hoofoptog om 18:00 van die Tempe-robot in Nelson Mandelarylaan sal vertrek. Die publiek kan uitsien na hierdie feestelike geleentheid in Bloemfontein se strate, met versierde vlotte en vrolike studente met kollekteblikkies wat na Chevrolet-park beweeg. Die 2012/2013 UV-Joolkoningin en Mnr Jool GD,met hul gevolg, sal die publiek vanaf die hoofvlot verwelkom.
Nog meer om na uit te sien, is die finaliste wat meeding om die titels van 2013/2014 UV-Joolkoningin en Mnr Jool GD, sowel as trompoppies wat saam met die optog beweeg.
Moenie hierdie wonderlike gesinsfees misloop nie – kom vroeg, bring jou gesin en komberse/stoele en verseker ? lekker sitplek op die gras.
? Groot verskeidenheid verversings sal te koop aangebied word.
KAARTJIES BESKIKBAAR BY COMPUTICKET EN INGANGSHEKKE
Kaartjies: R60 per persoon
R30 per kind onder 12 jaar
Graag herinner ons u ook aan die kroningsbalgeleentheid waartydens die kroning van die 2014 UV-Joolkoningin en Mnr Jool GD op 14 Februarie 2014 in die Callie Human-sentrum op die UV-kampus sal plaasvind.
? Beperkte aantal kaartjies teen R500 per paar sal beskikbaar wees by die Jool Gemeenskapsdiens-kantoor vanaf
5 Februarie 2014.