Dié naweek is dit weer tyd vir Gariep se jaarlikse kaskar-derby. Kaskar-entoesiaste van heinde en verre trek elke jaar hier
saam om hul staal te wys. Inskrywings vir die wedren kan vanaf 10 Oktober om 18:00 by OK Mini-Market gedoen word. Om
19:00 word daar weggespring met ’n bring en braai. Juan Christo van der Linde en Lee Ann Reineke sal by die geleentheid
optree. Saterdagoggend (11 Oktober) om 8:00 begin die groot wedren. Die dag sluit ook stalletjies en ’n speelpark vir die
jongspan by die Toerisme-sentrum in. Om 19:00 is die groot prysuitdeling by Forever Resorts waarná daar weer ’n bring en
braai sal wees. Vir meer inligting skakel 082-759-7980 of 079-881-4523.
Date: