E Copy

Date:

Dis nóú die tyd vir welwillendheid

OWEN KOCK

Terwyl almal regmaak om die kersfees tegemoed te gaan, is daar diegene wat nie kriesel kos het om te eet nie, en dan is daar die wat weer ‘n oorvloed van omtrent alles het.

Die direkteur van Age-in-Action, Priscilla Kock, wat hoofsaaklik met oues van dae en minder bevoorregtes werk, het vertel hul organiasie doen jaarlik hul deel vir welwillendheid en help verskiklik baie om veral kinders se lewens te verbeter. Sy daar is baie mense daar buite is wat omgee, en so ook die wat glad nie omgee nie.
“Ek dink hierdie tyd van die jaar is baie belangrik om veral liefde aan almal te toon, maak nie saak wie of wat jy is en waar jy jou bevind nie, almal het liefde nodig en nie net tydens die feestyd nie, maar elke dag,” vertel Kock met deernis in haar stem.
“Daar is werklik baie minder bevoorregte mense daar buite en dit is so dat ons baie met ouer persone werk, maar armoede vra die ouderdom of kleur of enigiets nie en daarom is dit vir ons belangrik dat almal, veral in die feestyd so bietjie ekstra moeite doen om iemand te help.”

Dit is ook die tyd van die jaar dat die wat nie familie en vriende het nie, deur eensaamheid oorval word, wat depressie tot gevolg kan hê. Hieroor voel Kock baie sterk en glo al word ‘n ouer persoon net besoek en daar word tyd met hulle spandeer, sal dit ook help, en natuurlik maak ‘n klein geskenkie dit nog meer spesiaal, veral vir die wat niks en niemand het nie.
“Ek glo dit is belangrik dat elke gemeenskap die armstes van die armstes behoort by te staan, hierdie is ‘n tyd (fees-seisoen) van oorvloed. Dit is so dat die wat baie het, het en die wat niks het nie het nog minder. Daarom dink ons kan ten minste probeer help dat hulle (armes) kos op hul tafel het vir Kersfees,” het Kock bygevoeg.

Sy meen sodra mense die basiese in die lewe het, maak nie saak hoe arm of hoe ryk hulle is nie (soos kos en klere en ‘n blyplek), dan kan hulle die lewe sonder moeiete in die oë staar.

“Dis ‘n tyd vir gee en dink ons moet wyer as ons eie gesinne kyk en uitryk na die breër gemeenskap. Christus het sy liefde aan ons bewys en ons as mens het nou die geleentheid om ons liefde aan ons mede-mens te bewys,” het Kock volstaan.

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...