Dis maak of breek vir die Griekwas wanneer hulle die Poemas vanaand in die eerste Curriebeker promosie-relegasie wedstryd in Kimberley die stryd aansê.
Afrigter van die Poubloues, Pote Human, sê sy spelers weet goed wat van hulle verwag word as hulle volgende jaar weer in die Premier-afdeling van die kompetisie wil speel.
Human sê die tuisveldvoordeel in die eerste wedstryd sal in hul guns tel, maar het bygevoeg dat hulle dan behoorlik daarvan gebruik moet maak.
Vanaand se kragmeting op GWK-Park skop om 19:10 af.