Diphoko kook vir Kovsies

0
715
Sello Diphoko van Kovsies vlieg deur die lug na sy doel teen die Universiteit van KwaZulu-Natal by Tuks FOTO: CHRISTIAAN KOTZE/ VARSITY SPORT Photo: © Christiaan Kotze/C&C Photographic Agency. Varsity Sport

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) is Maandagaand gekroon as Varsity-sokkerkampioene vir 2021 nadat hulle die Universiteit van die Vrystaat Kovsies in Pretoria getroef het.

Die UJ-spelers is welverdiende kampioene nadat hulle hul eweknie van Bloemfontein met 3-1 in die eindstryd van die reeks geklop het.

UJ was egter die enigste span in die reeks wat teen die Kovsies kon seëvier en het die oorwinning in die groepfase sowel as die eindstryd ten volle verdien.

Hoewel dit hartseer is vir die Kovsies dat hulle nie in hul eerste eindstryd die trofree omhoog kon hou nie, kan hulle spog met die speler van die toernooi asook die Gouestewel-wenner.

Die Kovsies-doelskieter, Sello Diphoko, is aangewys as die speler van die reeks en het ook die Gouestewel-eerbewys ontvang nadat hulle die meeste doele in die toernooi aangeteken het.

Die 21-jarige Diphoko is vir die eerste keer raakgesien toe ‘n “scout” van die uiversiteit hom raakgesien het in ‘n straat-sokkerwedstryd. Vanjaar is sy eerste seisoen by Kovsies. Diphoko se bynaam onder sy spanmaats is Klate, siende dat sy rolmodel die oud-Bafana Bafana-, SuperSport United- en Orlando Pirates-speler, Daine Klate, is.

Diphoko is tweekeer tydens die toernooi as speler van die wedstryd aangewys en het ook tydens die groepwedstryde ‘n driekuns van doele teen die driemalige kampioen, Tuks, aageteken.

Dié onwindende speler is een van die jonger spelers in die Kovsies-groep en het nog ‘n paar belowende jare oor by die span. Hy het tydens die reeks vyf keer die agterkant van die net gevind. – MORGAN PIEK