E Copy

Date:

Digkuns en musiek ‘n suksesvolle smeltpot

Die nuutste aanbieding uit die pen van die Afrikaanse digter, Francis Grobler, het onlangs op my lessenaar beland en dadelik my oog gevang. Ek noem dit ‘n aanbieding, want hierdie is nie jou gewone digbundel nie. Dit is bundel-formaat, maar die presiese grootte van ‘n CD-houertjie. Agter in die bundel is ‘n CD wat 22 toonsettings van Grobler bevat, soos opgeneem deur Wynand en Chereé Strydom, sowel as Jaco Blomerus. Clinton Zerf, Jaco Blomerus, Tony Ridgway, Chereé Strydom en Wouter van de Venter het die verwerkings hanteer.
Grobler is ‘n vrygees-digter. Haar mees onlangse kunswerk, die digbundel aard, is voorwaar ‘n unieke samestelling waar twee kunsvorme meesterlik vervleg.
Kenmerkend van Grobler se werk is haar hoofletterlose skryfstyl en volgens haar is aard steeds onopgesmuk, doodgewoon en hoofletterloos: “onverdiend gebore in skedelgange, tussen mos, seisoene en onweerlegbaarhede van lyf, siel, gees en kop – die outeur daarvan. want die lewe gebeur soos dit gebeur. in verganklikheid opgedra aan die onverganklike waarheid wat ruik soos reën en my mense – want dis al wat tel in hierdie asem wat ons die lewe noem”.
Haar debuutbundel, pyltjies innie sand, is in 2007 deur griffel-media vrygestel en sluit ‘n CD met 16 snitte in. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, ‘n digbundel wat in 2009 vrygestel is deur Piquet Publishers. Meer as 15 van hierdie gedigte is getoonset deur Ridgeway en gesing deur Wynand Strydom.
‘n Boek met die titel wie ore het, is in 2011 gepubliseer en handel oor die Bybelboek, Openbaring, wat in verstaanbare kindertaal geskryf word. ‘n Versameling van Grobler se werke verskyn ook in die omnibusse Vier Seisoene en Dissekteer die Reënboog, wat deur Mar-Leo Publiseerders vrygestel is, asook ‘n kortverhaal in Die Tiende Provinsie.
Die snitte is op die CD opgeneem, gemeng en gemeester deur onderskeidelik Wouter van de Venter van Fine Tune Studios en Douw Steyn van SON Recordings.
Musikante Mauritz Lotz, Denny Lalouette, Miro Chakaryan, Evert Snyman, Jean-Louise Moolman, Brian Smith, Philip Cox, Jaco Blomerus, Douw Steyn, Clinton Zerf, Tony Drake en Wouter van de Venter het die instumentale uitvoerings in die snitte behartig.
aard bied die leser en luisteraar ‘n unieke artistieke ervaring en behoort goed saam met ‘n glasie rooiwyn af te gaan. – Maricelle Botha
maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...