E Copy

Date:

Die wel en weë van marksiklusse

Horace Terry

Ek lees laasweek ’n interessante artikel deur Glacier Navorsing oor marksiklusse. In eenvoudige taal, ekonomieë en so ook finansiële markte, gaan deur goeie en slegte tye. Dit is nie vir enigiemand moontlik om die presiese draaipunte in finansiële markte te voorspel nie. Dit is egter wel moontlik om deur middel van die interpretasie van sekere ekonomiese en finansiële data tye te identifiseer wanneer finansiële bates soos aandele, eiendom, kontant of effekte goedkoop of duur is en daarvolgens jou beleggingsportefeulje deur die marksiklusse te struktureer om geleenthede te benut, maar jouself steeds te beskerm teen onsekere tye. Onthou, finansiële markte beweeg op en af; dis ’n gegewe.

Wees dus voorbereid daarop en benut die geleenthede wat daarmee gepaard gaan. Indien ons na ons eie aandelebeurs kyk oor die laaste dekade, het die beurs elke jaar positiewe opbrengste opgelewer, behalwe in 2002 en 2008. As ons oor ’n langer tydperk, sedert 1961, na die beurs kyk, sal ons ’n aantal afwaartse tendense sien wat meegebring is deur die oliekrisis van die 70’s, regeringsbeleid in die 80’s, die Asiese-krisis van die 90’s, die “dot.com bubble” in 2000 en die skuldkrisis in 2008. Wat egter meer opvallend is, is die feit dat die opswaaie of marklopies wat die afswaaie gevolg het, langer geduur het (verwys na meegaande tabel). Dit is dus veilig om, uit die meegaande tabel af te lei dat ons in die toekoms weer negatiewe marktoestande gaan ervaar, maar tog ook positiewe marktoestande. Met behulp van ’n goeie beleggingsadviseur en betroubare ekonomiese data, sal dit egter vir jou moontlik wees om jou beleggingsportefeulje reg te struktureer en goeie langtermynopbrengste te genereer.

* Terry is ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner en beleggingsadviseur by Jenwil Blouster.

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...