Die Voortrekkers gee om

0
972

Die Voortrekkers in die Vrystaat het onlangs as deel van hul gemeenskapsprojek by CANSA se Olea-sorgtuiste gaan uithelp.Net meer as R15 000 is spandeer op ‘n nuwe afdak, baie verfwerk, nuwe gordyne in die kombuis, reuse-skoonmaakaksies en baie meer. Ongeveer R10 000 se blikkieskos, matrasbeskermers, gordyne, beddegoed, gordyne en breekware is geskenk. Die projek vorm deel van Die Voortrekkers se nasionale Projek Omgee met die slagspreuk Voortrekkers Gee Om.