Die verregses se saak hervat vanmiddag in Bloemfontein na ‘n vertraging vanoggend.

0
Die verregses se saak hervat vanmiddag in Bloemfontein na ‘n vertraging vanoggend.

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die hoogverraad-beskuldigde, Johan Prinsloo, se vrou Katrien het vanoggend aan Bloemfontein Courant gesê dit gaan onder omstandighede goed met hom.

Prinsloo staan tereg in verband met ‘n beweerde plan om afgevaardigdes by die ANC se 2012 Mangaung-kongres aan te val. Hofverrigtinge teen die beskuldigde is vanoggend in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein vertraag omrede Johann Nel vir die verdediging rekords van telefoongesprekke tussen al die belanghebbendes in die saak  na gegaan het.

Verrigtinge hervat egter om 14:00 met die staatsgetuie, Mnr. B,  wat deur die verdediging kruisondervra word.

No posts to display