Die Sportster van die Week – Tat Brummer

0
Die Sportster van die Week – Tat Brummer

’n Man wat eers in 2007 ernstig begin fietsry het, het in 2012 op 38-jarige ouderdom ’n goue medalje op die Suid-Afrikaanse Veterane Padfiets en Tydtoets Kampioenskappe verower om as die nasionale kampioen vir mans 35-39 jaar gekroon te word.
Hy is Tat Brummer, ’n oogkundige van Bloemfontein, wat in die Rosestad groot geword het en aan die Hoërskool Sentraal gematrikuleer het. Hy is getroud met Janine en hulle het drie kinders, Ciska (9), Mienke (7) en Leo (1).
Brummer het reeds in 2008 sy Suid-Vrystaatse kleure in fietsry verwerf en daarna jaarliks as die Fietsryer van die Jaar in sy ouderdomsgroep aangewys. In 2011 was hy Bloemfontein se Fietsryer van die Jaar.
Brummer beskou egter die verowering van goud vanjaar op die nasionale kampioenskappe en die feit dat hy Vrystaat Fietsry hom aangewys het as Senior Sportman van die Jaar in padfietsry as die hoogtepunte van sy loopbaan.
Hy is ’n lid van die Bloemfontein Cycleworld-klub en hoewel hy dit ook geniet om met ’n bergfiets deel te neem, is padfietsry sy groot liefde en konsentreer hy daarop. “Ons oefen ses dae ’n week in die vroeë oggendure voor werk. Lede van die klub neem graag deel aan fietsry-byeenkomste soos OFM/MTN Classic, Argus, 94,7, Amashova en Jock,” vertel hy.

No posts to display