
Die speke het die naweek weer ordentlik gesing tydens die Shell V Power Dual Challenge- fietsresies in Bloemfontein.
Daniel Stroebel het tydens die 96 km-padfietsresies vir mans koning gekraai, terwyl Pieter Korkie oorheers het in die 60 km-bergfietsresies vir mans.
Chanté Olievier van die Hoërskool Sentraal het weer eens gewys dat sy die vinnigste dame in fietsy in die Vrystaat is toe sy albei die pad- en bergfietsitems gewen het.
Nes die mans, moes sy ook die 96 km- en 60 km-afstand aflê. Die wenners het R1 000 elk in brandstof ontvang, terwyl gelukkige wenners geskenkpakkies ontvang het. – MORGAN PIEK