Die speke sing by Happy Valley

0
280
Wouter Wessels in askie by Happy Valley. FOTO: MORGAN PIEK

Happy Valley in Bloemfontein het verlede naweek talle bergfietsentoesiaste gelok vir die Vrystaat XCO-reeks. Die ryers het gebruik gemaak van die geleentheid om te kwalifiseer vir die vyfde en laaste been van die Suid-Afrikaanse XCO-reeks wat aanstaande naweek ook by Happy Valley sal plaasvind.

Die ryers het die ysige weer trotseer en ‘n goeie gees het veral onder die jonger deelnemers geheers, terwyl daar buite die dorp ook ander bergfietswedrenne plaasgevind het.

Aanstaande week sal die topryers van regoor die land in die Rosestad saamtrek om te sien wie die algehele wenner van die reeks sal wees. Volgens Bloemfontein Courant se inligting sal die top-manselite-deelnemer, Alan Hartley, nie in aksie wees nie aangesien hy tans in Europa is waar hy aan die Wêreldbeker-reeks deelneem. – MORGAN PIEK