Die son het g’n kwaad

0
Die son het g’n kwaad

Dit is weer vakansietyd en baie Suid-Afrikaners is besig om aan hul goudbruin-lywe vir die strand te werk.  Ek was dus nogal verbaas om die afgelope naweek om ’n nuus-aktualiteitsprogram ’n insetsel oor velkanker te sien en die gevare daarvan.  Ek verstaan dat velkanker gevaarlik is, maar kan nie help om te dink dat die onderwerp effens opgeblaas word nie. Ek lê al jaar na jaar elke somer in die son en het nog geen skade om daarvoor te wys nie, wat nog te sê van velkanker. So ook ken ek letterlik honderde vrouens wat getrou gereeld in die son lê, maar ek ken nie een enkele mens met velkanker nie.  Daarby verstaan ek ook dat velkanker nie so ernstig soos ander kankers is nie en meeste van die tyd net uitgesny kan word?  Is hierdie nie een van die onderwerpe wat die media gebruik om sensasie te wek nie?
SON-AANHANGER

No posts to display