Bloemfontein – Krieket, en die Proteas is slaggereed vir die eerste van twee kriekettoetse teen Pakistan wat oor ’n halfuur in Abu Dhabi gaan begin.
Dis die Suid-Afrikaners se eerste toets sedert Februarie toe hulle Pakistan met ’n beurt en 18 lopies in Centurion geklop het. Suid-Afrika se ster, die veelsydige speler Jacques Kallis, sê die kolfblad by die Sheik Zayed-stadion lyk goed, maar daar kan egter meer draai wees as die laaste keer toe hulle daar gespeel het.
Kallis het bygevoeg sy lang ruskans het hom baie goed gedoen en dat hy honger is om sy land weer te verteenwoordig.