Die Proteas klop vir Pakistan met 9 paaltjies in Doebai

0
624
MORGAN PIEK

Bloemfontein – Die Proteas het Pakistan gisteraand maklik met nege paaltjies afgerantsel in die eerste van twee T20 internasionale wedstryde in Doebai.

Kort nadat Pakistan die loot gewen het en besluit het om eerste te kolf, was hulle op 4/3 na twee boulbeurte met die rug teen die muur.

Aan die einde van die kragspel was hulle op 18 vir 3. Die paaltjies het met reëlmaat gekantel en die gashere het uiteindelik hul beurt op 98/9 afgesluit.

Die Proteas het Hashim Amla vroeg in hulle beurt verloor.

Maar Quinton de Kock en Faf du Plessis het vasgeskop en die Proteas tot ‘n sege gelei. Kaptein du Plessis het sy boulers geloof vir hul vertoning in die kragmeting.

The laaste van twee T20 internasionale wedstryd word môre weereens in Doebai gespeel.

Na afloop van dié wedstryd, sal beide spanne Suid-Afrika toe kom vir ‘n kort T20 en eendag internasionale reeks wat aanstande week begin.