Titel: Die Pienk Baaisiekel
Sub-titel: Vanmelewe se liegendes en ellendes
Skrywer: Nico Moolman
ISBN: 978-0-9814389-1-7
Formaat: Sagteband, 128pp
Prys: R99-95
Met Die Pienk Traaisiekel het ons driewiel gery, nou ry ons baaisiekel.
Na die oorweldigende sukses van Die Pienk Traaisiekel is Die Pienk Baaisiekel gebore. Soos in Die Pienk Traaisiekel deel ons in die stories van gister, met die subtitel: Vanmelewe se liegendes en ellendes word die die inhoud tong-in-die-kies saamgevat. Met meer as ‘n dosyn kortverhale uit verskillende eras skep Nico Moolman kontreikuns wat prààt. Die leser word meegevoer met vertellings wat aangevul word met ou foto’s, wat elk sy eie storie vertel en vergete beelde en emosies wakker maak.
Die Pienk Baaisiekel is ‘n keurige geskenk met voorwoord deur die veteraan omroeper en skrywer, Fanus Rautenbach.
Sou ‘n mens dit beter kon verwoord as “Ry hierdie Pienk Baaisiekel met die lewensvreugde wat daaruit straal, ry Die Pienk Baaisiekel, want lekker het nie brieke nie!” Fanus Rautenbach