Die ou bekende Bfn herleef

0
337
Nico Moolman

Die ryke geskiedenis en identiteit van die Rosestad, verstrengel in mooi herinneringe, kan binnekort ervaar word met “Nostalgies vir Bfn”, ‘n enig-in-sy-soort-gebeurtenis wat deur die Moolman-familie aangebied word. Hierdie familie se wortels is diep geplant en die geskiedenis van hul familieplaas het in 1883 begin.

Die aanbieding is die breinkind van Marie Lombard, eienaar van De Oude Kraal. Sy het Nico Moolman genooi het om die geskiedkundige geboue en landmerke van Bloemfontein met belangstellendes te kom deel. Hiermee wil sy ‘n geleentheid skep vir die mense van die Rosestad om opnuut die verlede van die stad te waardeer.

Volgens Lombard is hierdie gebeurtenis perfek vir die huidige ekonomiese klimaat, aangesien kleiner geleenthede die ideale manier is om fondse te genereer en terselfdertyd blootstelling te gee aan kunstenaars en skrywers.

Vliegtuigfoto
geneem in 1929

“Hierdie is ‘n unieke geleentheid om al die mooi van die ou Bloemfontein te ervaar en te geniet. Wat dit uniek maak, is die nuutontwikkelde glasnegatiewe/foto’s uit die Vrystaatse Argief, Naln, en ‘n eie versameling van Nico Moolman van 1880 tot 1950, wat nuwe beeldmateriaal verskaf wat nog nooit deur die publiek gesien is nie. Dit is ook die perfekte kans vir geskiedenisliefhebbers en almal wat hunker na die behoud van die kultuur en tradisies wat Bloemfontein so uniek maak. Aanbieder Nico Moolman is welbekend as skrywer van boeke soos The Boer Whore, wat deur Francois Smith as Kamphoer verwerk is tot ‘n uiters suksesvolle roman en toneelstuk.

“De Oude Kraal skep ‘n hartlike atmosfeer met nostalgie en verlange na ‘n Bloemfontein van gister, om die mooi, karaktervolle en vriendelike omgewing opnuut te ervaar en daarin te deel. Daar gaan ‘n multimedia-fotolesing deur Nico Moolman aangebied word en daarna ‘n heerlike saamkuier-stokkiebraaiete soos net De Oude Kraal dit kan doen, waar daar ook kans sal wees vir verdere bespreking en vrae,” sê Lombard.

Alle Covid-19 regulasies sal gevolg word en beperkte plek is beskikbaar. “Nostalgies oor Bloemfontein” vind plaas Dinsdag 2 Maart 2021 om 18:30. Bespreking is noodsaaklik en kan gemaak word deur 051-564-0636 of 071-679- 6596 te bel of ‘n e-pos te stuur na info@ deoudekraal.com

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za