Die ‘highs and lows’

0
654

Die lewe word gekenmerk deur hoogte- en laagtepunte – die ebb and flow van ons bestaan.
In 1 Konings 18 en 19 lees ek die verhaal van Elia, die profeet, en die stryd tussen God en die Baal-profete.
In hoofstuk 19, ná die hoogtepunt van die oorwinning oor die Baal-profete, sien ons dat Elia moedeloos onder die besembos sit.
Van een hoogtepunt na die laagtepunt waarin hy dit duidelik maak dat hy nie meer wil leef nie. Die vraag sou wees: Beleef jy ook die op en af, die hoogtepunte en laagtepunte van die lewe?
As dit vandag vir jou waar is, is jy deel van ‘n uitgesoekte groep mense. Ons almal beleef die tye. Die een oomblik op die kruin van sukses, die volgende oomblik in die “dal van doodskaduwee” soos wat dit beskryf word in Psalm 23.
Slegte nuus en goeie nuus; dit is die verloop van die lewe. Dit gaan egter primêr oor jou gedagtes, jou verhouding met die Here en die inhoud wat jy aan gebeure gee. Hoe dink jy oor die lewe?
Hoe lyk jou verhouding met die Here vandag? Wil jy nie vandag net saam met my stil word en weer nuut begin dink oor jou hier-wees en jou bestaan nie?

DS STEPHAN VAN HEERDEN