E Copy

Date:

“Ek was nog nooit so vreesbevange gewees nie.”

Dit is die woorde van ‘n boer, Piet Swanepoel, wat vroeg vanoggend ‘n noue ontkoming op sy plaas buite Smithfield in die rigting van Bethulie gehad het nadat vier aanvallers hom probeer aanval het.

Piet Swanepoel en sy vrou, Anja, se twee honde het omstreeks 03:00 buite die huis geblaf. Die egpaar het toe gebid en gewag voordat Piet omstreeks 05:00 ondersoek gaan instel het.

smith1
Die Swanepoel-gesin se twee honde.

Swanepoel sê hy het by die huis se voordeur uitgegaan en na die agterkant van die huis gestap. Hy het ‘n bees buite die huis verwag, maar groot geskrik toe hy vier mans sien.

“Ek het aanvanklik nie geskiet nie, want ek het nie geweet of dit net onskuldige mense was wat probeer deurloop het nie. My lewe was toe nie in onmiddellike gevaar nie.”

Swanepoel wys die gebied waar die vier booswigte weggekruip het. Foto: Mark Steenbok.
Swanepoel wys waar die vier booswigte weggekruip het.

Swanepoel, wat ook ‘n kroeg op die dorp besit, sê hy het op die mans geskreeu. Een van die booswigte het toe ‘n voorwerp in sy rigting gegooi. Swanepoel het daarna ‘n waarskuwingskoot afgevuur, waarna die booswigte weggehardloop het. Hy het buite die huis gewag terwyl sy vrou hulp ontbied het.

Swanepoel, wat ook die polisie geloof het vir hul spoedige optrede, sê dit is die eerste keer dat hy en sy vrou so iets op die plaas beleef het sedert hulle verlede jaar Mei daarheen getrek het. Hy het ook advies vir diegene wat hulle in ‘n soortgelyke situasie bevind.

“Hou jou wapen altyd by jou, maar moet nie uitgaan nie. As ek vroeër uitgegaan het, sou hulle definitief ‘n verrassing vir my gehad het. Die Here het ons toe beskerm,” sê Swanepoel.
smith2

Boere van Smithfield in samewerking met die polisie het vroeer die gebied gefynkam. Foto: Mark Steenbok.
Boere van Smithfield in samewerking met die polisie het vroeer die gebied gefynkam. Fotos: Mark Steenbok.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Polisiebeamptes van Bethulie en Smithfield, lede van die Smithfield-landbouvereniging en plaaslike boere was steeds vroeër besig om die gebied te fynkam.

-Mark Steenbok/Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...