Die geure van moederskap gevier

0
165
Die Moedersdaggeleentheid beoog om die wese van moeders te vier. FOTO: VERSKAF

Tydens vieringe wat daarop gemik is om die magdom geure te vereer wat ma’s, vriendinne, mentors en onderwysers aan ons lewens verleen, orkestreer die plaaslike musikant en landboudosent Diandra Steenekamp ’n spesiale Moedersdaggeleentheid op 12 Mei by Onze Rust Landgoed.

Volgens Steenekamp is hierdie geleentheid vanjaar die derde geleentheid as deel van hul inisiatief, ‘The Secret Artist’s Club’, wat ontwerp is om meer optredes en blootstellingsgeleenthede vir plaaslike kunstenaars te skep.

Steenekamp sê die Moedersdagtema, ‘Scent of a Women’, is deur Jackie Steyn van Onze Rust Landgoed voorgestel, wat perfek ooreenstem met haar visie om die essensie van moederskap te vier.

Die middag sal begin met ’n glasie sjampanje en ’n aangrypende musiekprogram met tydlose klassieke musiek soos ‘Love me Tender’, ‘Dream a Little Dream’ en die bekende tango uit ‘Scent of a Woman’. Bekende sangers Jada-Rada Cloete en JP Daffue sal deur Claire Röntsch op saksofoon begelei word, saam met Steenekamp en haar ensemble talentvolle musikante.

“Gedurende die pouse sal ons Zea Stack verwelkom om ons bietjie te vertel oor die kuns van parfuum en die skep van geure met natuurlike materiale. Alle gaste, mans en vroue, sal ook ’n klein parfuummonster kry,” sê Steenkamp.

Ná afloop van die musiekvertonings sal gaste smul aan ’n spesiale driegangmiddagete by die landgoed se restaurant, met ’n kontantkroeg wat regdeur die geleentheid beskikbaar is. Deure sal om 11:30 oopmaak en die geleentheid sal om 12:00 begin.

Kaartjies kos R400 per persoon en is beskikbaar deur 072-726-8052 te kontak. Dit sluit in sjampanje met aankoms, ’n driegangmaaltyd, besonderse musiekvertonings, en ’n parfuumsessie deur Zea Stack van ‘Verryk.

 

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za