Die Fichardtpark Woonbuurtassosiasie-komitee

0
1317
FOTO: SEITHATI SEMENOKANE

Die Fichardtpark Woonbuurtassosiasie (FWA) het die afgelope naweek ‘n piekniek gehou om die lente in te lui. Voorsitter van die FWA, Kobus Olivier, sê die piekniek was ‘n gawe manier om die gemeenskap gesellig te laat saamkuier.

“Dis lente en ons wil aan die groter gemeenskap die boodskap oordra dat in hierdie buurt ‘n vereniging bestaan wat na die omgewing kyk, dit veilig hou en na die infrastruktuur omsien. Ons kyk na ongeveer 27 parke en 90 verkeerseilande en is trots daarop dat ons Fichardtparkers is.

info@bloemfonteincourant.co.za