Die beste van Bloemfontein is hier!

0
900

MARICELLE BOTHA

Talle lesers het vanjaar weer aan Bloemfontein Courant se Best of Bloemfontein-leserskompetisie deelgeneem en sodoende verseker dat die beste van die beste in die Rosestad op die skouer getik word vir hul bydrae tot die stad se sukses.
Meer as 38 000 stemme is reeds getel en op 23 Oktober word die wenners bekendgemaak. Vanjaar het ons meer as dubbel soveel stemme as verlede jaar gekry. Een van die bekende Bloemfonteiners wat in vanjaar se kompetisie gestem het, is sanger Dewald Louw.
Ons het hom so ‘n bietjie gepols oor al sy gunstelingplekke in Bloem en dit is wat hy te sê gehad het:
"Ek het al in die verlede die Best of Bloemfontein-webwerf besoek. Ek dink die kompetisie gee krediet vir uitsonderlike diens aan kwaliteitondernemings in ons kontrei."
As Louw ontbyt eet is daar net een plek vir hom, en dit is enige een van die Iewers Nice-eetplekke in Westdene of Pretty Gardens.
Vir die perfekte kapsel
voor ‘n groot optrede
maak hy staat op
sy haarstilis Lance Bailie by Bella Donna. Wanneer hy gaste van buite die stad kry en hulle ‘n bietjie wil trakteer, neem hy hulle gewoonlik na Longhorn Grill. "Hulle het die beste kos, diens en vibe."
Hoewel Louw nie ‘n groot drinker is nie, vertel hy hy geniet ‘n glasie rooiwyn of whiskey op ys om ‘n partytjie mee af te skop.
Sy gunsteling- romatiese eetplek waar hy en sy vriendin Nicole van der Westhuizen graag eet, is Coco C. "Ons eet en koffie gereeld hier. Dit is privaat en nooit oorvol nie. Nicole is mal oor hulle chocolate croissants." En as die twee wegneemetes koop is dit gewoonlik sushi by Full House.
Louw vertel dat Coenie de Villiers onder sy gunsteling- plaaslike musikante tel. "Ons moet nie vergeet dat Bloemfontein steeds sy huis is nie," sê hy met ‘n trotse glimlag.
En waar meen Louw koop ‘n mens die lekkerste biltong in Bloem? Sonder om te twyfel antwoord hy, Van Zyl’s Biltong. En melktert? By my ma, Maria! En dit is beskikbaar by Crazy Daisy-tuisnywerhede!
Maak seker dat jy Bloemfontein Courant se 23 Oktober-uitgawe nie misloop om te sien waar jy die beste in die stad kan raakloop nie.

maricelle@centralmediagroup.co.za