Diamant tennistoernooi ‘n reuse sukses

0
170
Die wenners van die 55+ afdeling is van links Stefan le Roux (Mundeen), Coreen Guldenpfennig (Oud-Studente), Marie Jooste (Mundeen) en Jan du Plessis (Oud-Studente).

Die Diamant-tennistoenooi is vir eerste keer in Kimberley gespeel.

Die toernooi, wat 96 tennisspelers gelok het en op 24 bane gespeel is, word as ‘n reuse-sukses beskou en sal in die vervolg ‘n permanente datum op die kalender wees.

Die groot rede vir die sukses van die toernooi is volgens die organiseeder, Izak Buys (Bloemfontein), die goeie gees waarin dit gespeel is asook die feit dat spelers hul eie spanne kon saamstel.

Spelers van oor die hele Vrystaat, van Harrismith, Wepener, Zastron en selfs so ver as Upington, De Aar, Vryburg en Klerksdorp het aan die toernooi deelgeneem. Die tennis in in ses ouderdomsgroepe van vier spanne elk gespeel. Die spanne is ook saamgestel uit twee mans en twee dames per span.

Die toernooi is soortgelyk aan die Spekboomtoernooi wat al vir die afgelope drie jaar in Cradock gespeel word.

Buys beplan om aanstaande jaar nog ‘n soortgelyke toernooi van stapel te stuur. Dit sal as die Cosmos-toernooi bekend staan en sal in Bethlehem in die Oos-Vrystaat gespeel word. Die toernooie is elkeen vernoem na iets inheems in die area waar dit gespeel word.

Bethlehem is bekend vir sy kosmosblomme, Cradock vir sy spekbomme en natuurlik is Kimberley bekend vir sy diamante. – MORGAN PIEK