Derde verdagte in gru-Parys moord gevang

0
610

LANI FOUCHE

Die derde verdagte wat aangekeer is in verband met die moord op ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas naby Parys, sal vandag sy eerste verskyning in die dorp se landdroshof maak.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die 48-jarige man, wat Saterdagoggend deur die Sasolburgse georganiseerde misdaadeenheid in Johannesburg aangekeer is, is getroud met een van die ander twee verdagtes, Mmaditaba Mokubung.

Sy en Ezekiel Mnguni is reeds in Januarie aangekeer weens die moord op Ernest en Annatjie van Rooyen. Kareli sê die polisie glo die derde verdagte was meesterbrein agter die moord.

Mnguni and Mokubung moet intussen weer op 20 Maart in die hof verskyn nadat hulle vroeër die maand borgtog geweier is. Die Van Rooyen-egpaar is op 15 Januarie op die plaas Somerset vermoor. Annatjie se liggaam is in ‘n vrieskas gevind.