Derde Maselspoort-beskuldigde gevonnis

0
944
Derde Maselspoort-beskuldigde gevonnis | News ArticleDie swembad waar die aanranding plaasgevind het. Foto: verskaf

Die ouer van een van die slagoffers het aan die polisie gesê dat sy twee seuns, van 18 en 13 jaar, deur ‘n groep wit mans oor die gebruik van dié swembad aangerand is.

Die derde verdagte in die beweerde rasvoorval by Maselspoort buite Bloemfontein is drie vonnisse opgelê.

Jakobus Klaasen het Maandag (28/8) weer langs sy medebeskuldigde Johan Nel in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Dít nadat hul saak voorheen vir moontlike pleitooreenkoms uitgestel is.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat, sê Klaasen is gevonnis tot ’n boete van R20 000 of twee jaar direkte tronkstraf op aanklag 1. Hy is ook gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, geheel en al opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie gedurende dié tydperk skuldig bevind word aan aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, of poging tot moord nie. Klaasen is ook op aanklag 2 tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis.

Intussen is die eerste beskuldigde, Stephanus van der Westhuizen (47), tot ‘n boete van R4 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis nadat hy skuld beken het op aanklag van gewone aanranding. Van der Westhuizen het die kinders en hul pa om verskoning gevra, wat dit aanvaar het. Hy het ook die Suid-Afrikaanse publiek om verskoning gevra. Die saak teen Nel is tot 16 Desember 2023 uitgestel.

Drie mans het opslae gemaak nadat ’n video op Kersdag verlede jaar op sosiale media versprei is ná bewerings van ’n rasvoorval by ’n swembad by Maselspoort, wat glo vir wit mense gereserveer is. Toe die polisie opdaag, was die groepe reeds uiteen. Die ouer van een van die slagoffers het aan die polisie gesê dat sy twee seuns van 18 en 13 jaar deur ‘n groep wit mans oor die gebruik van dié swembad aangerand is.

Die swembad is gereserveer vir gaste wat by die oord oornag en die slagoffers het beweer hulle het wel by die oord oornag. Nel staan tereg op aanklagte van gewone aanranding en crimen injuria.

OFM News/ Kekeletso Mosebetsi