Debbo nalatenskap kry nog ’n toevoeging

0
1198
Alec Debbo met sy seuns Al en Azar. FOTO: Verskaf

Alec Debbo, die seun van wyle Al Debbo, en sy vrou Johanette het onlangs die nuutste toevoeging tot die Debbo-familie se nalatenskap verwelkom. Azar Johan (AJ) Debbo is om 08:50 op 12 April in die Life Rosepark hospitaal in Bloemfontein gebore.

Alec sê sy eersteling, Al Debbo, is baie opgewonde oor sy broer. “Ek en my broer, Azar Debbo, is die twee laatlammetjies. Daar is nie baie Debbo’s in die land nie en ons is trots dat die seuns die Debbo naam sal laat voortleef,” sê Alec.

Al Debbo en sy broer Azar. FOTO: Verskaf

Hy voeg by dat sy pa ‘n wonderlike en liefdevolle ouer was en dat hulle sy nalatenskap wil voortsit. “Ons hoop dat een van die twee Debbo’tjies dalk ook die vermaaklikheidswêreld betree. Ons gesels gereeld met klein Al oor oupa Al, en ons sal ook met AJ.” Alec sê sy pa het nou in total 14 kleinkinders.

Alec en Johanette Debbo met hul seuns Al en Azar. FOTO: Verskaf

“AJ is nommer 14 en Al nommer 13. Al is drie jaar oud en ook ’n klein ‘entertainer’. As mense hom vra: wat is jou naam? Antwoord hy luidkeels ‘ek is Al Debbo!’”

Al Debbo was ’n bekende Suid-Afrikaanse komediant, sanger en akteur, en het in sy tyd ’n reuse-bydrae tot Afrikaanse musiek en kultuur gelewer.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za