Dealsville: Twee dood, een ernstig beseer na kop-aan-kop botsing

0
1895

Twee is mans is dood en ‘n ander ernstig beseer na ‘n tromp-opbotsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bakkie op R64 buite Bloemfontein in die Vrystaat vanmiddag. ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind. Hy sê toe paramediese op die toneel arriveer het, moes die lewelose liggaam van die bakkie drywer met meganiese kake bevry word. Hy is op die toneel dood verklaar. Die vragmotor bestuurder het later beswyk aan sy beserings nadat paramediese hom op die toneel met kritieke beserings behandel het. Die passasier van die wit vragmotor is met erge kop en bors besersings na die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein gebring.