E Copy

Date:

‘Deal or no Deal’

Ds. Stephan van Heerden

Die afgelope tyd het ek by verskeie geleenthede op die TV-program Deal or no Deal ingeskakel. Dit is elke keer fassinerend om die deelnemers dop te hou en te besef dat hulle die speletjie speel met die gedagte dat hulle die 100 000 pond gaan wen. Hulle is vasgevang in die droom van skielik en baie vinnig geldmaak. Hulle kyk na elke houer wat oopgemaak word en groot is die teleurstelling as die rooi houer ’n groterige bedrag bevat en die bedrag word dan van die lys afgehaal as ’n potensiële wentotaal. Op die ou einde speel hulle tot die verskillende houers almal oopgemaak is.

Elkeen op die program, sowel as familie en vriende, is opgewonde as dinge reg uitwerk of teleurgesteld as die bedrag verminder. Hulle speel met die oortuiging dat hulle gáán wen. Die oortuiging verander egter nie die werklikheid nie. Net so is dit met jou en my. Mense se mening oor jou verander nie aan jou ware self nie. Dit wat jy van jouself dink en hoe jy jou gedagtes uitleef is dus nie gekoppel aan ander se oortuiging en menings oor jou nie.

As iemand dus die mening huldig dat jy nie goed genoeg is nie, kan jy dit jou eie maak en dan tree jy so op, óf jy kan dit as ’n mening sien wat nie noodwendig die waarheid is nie. Jou siening van jouself word dus nie deur ander bepaal nie, maar deur jou eie gedagtes en die werklikheid. Jy kan dus besluit: “Deal or no Deal” as dit kom by negatiewe gedagtes, menings en oortuigings wat jou raak. Wat kies jy vandag?

* Van Heerden is ’n geestelike leier by die NG Klipkerk en ’n pastorale sielkundige.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...