DBV help 200 lydende diere met ’n genadedood

0
DBV help 200 lydende diere met ’n genadedood
Die Bloemfonteinse DBV het die moelike besluit geneem om bykans 200 diere ’n genadedood toegestaan. FOTO: Verskaf

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) is diep geskok oor die onlangse veldbrande in die Boshof-, Dealesville-, Brandfort-, Soutpan-, Verkeerdevlei-, en Tweespruit-omgewing. ‘n Totaal van 160 skape en 2 skilpaaie, wat in ’n baie swak toestand was nadat hulle ernstig verbrand is, is deur die DBV ’n genadedood toegestaan.

In die Thaba Nchu- en Tweespruit-omgewing was daar 28 beeste en 2 perde wat ernstig beseer is en verbrand het. Die span van die Bloemfontein DBV het die moeilike besluit geneem om hierdie diere, uit menslikheidsoorwegings, se lyding te beëindig.

Die volledige inspeksie-span van die Bloemfontein DBV werk tans om die pyn en lyding van diere te verlig.

Saamgestel deur Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

 

 

No posts to display