Datum en tema vir Bloemskou 2020 bekendgestel

0
366

Die Bloemskou word volgende jaar vanaf 24 April tot 2 Mei 2020 onder die tema “Welcome to the Jungle” aangebied.

Luidens ‘n verklaring van die Bloemskou gaan skougangers weer met ‘n wye verskeidenheid uitstallers, kunstenaars en landbou-aktiwiteite bederf word.

“ ‘n Ongelooflike 11 nasionale landbou-kampioenskappe is reeds vir Bloemskou 2020 bevestig. Met meer as 100 000 besoekers is Bloemskou een van die twee grootste skoue in die land wat steeds kommersiële aktiwiteite en landbou suksesvol kombineer.”

“Die Bloemskou is die gasheer van die grootste opelug-saalperdskou in die wêreld, met net minder as 1000 perde en talle afgevaardiges van die VSA. Die skou spog ook elke jaar met meer as 23 verskillende landboukampioenskappe van perde, beeste en kleinvee, wat beteken dat ‘n totaal van meer as 5 000 lewende hawe oor die tydperk by Bloemskou gehuisves word. Die fokus is op die stoetveekampioenskappe van lewende hawe wat tans uit sy nate bars,” lui die verklaring

Uitstalruimtes is nou beskikbaar.  Vir meer inligting oor enige aspek van die skou, kan mense die Bloemskou-kantore bel op 0514489894 of die webwerf www.bloemskou.co.za besoek. –

info@bloemfonteincourant.co.za