Dapper VS-polisielede vereer vir opsporing

0
512
Van links is Ron Knott-Craig van Tracker, sersant Carel Aucamp van die SAPD Bloemfonteinse Blitspatrollie en majoor-generaal Moses Makubo, adjunk- provinsiale kommissaris: Menslike Hulpbron-bestuur.

Die afgelope jaar het sersant Carel Aucamp van die Bloemfonteinse Blitspatrollie bystand verleen met die opsporing van meer as 30 voertuie en die arrestasie van meer as 20 verdagtes in motordiefstalondersoeke. Hy het onlangs die Vrystaat se individuele toekenning vir hierdie bydrae ontvang tydens die jaarlikse Tracker- en SAPD- provinsiale toekenningsgeleentheid.

Die toekennings vereer die moed en toewyding van wetstoepassingsbeamptes wat ‘n noemenswaardige impak maak in die liggingsbepaling en opsporing van gesteelde en gekaapte voertuie. Die seremonie is gehou by die Nasionale Vrouemonument en Oorlogsmuseum in Bloemfontein.

Die Bloemfonteins SAPD se lugvleuel is gekies as eenheidswenner van die Vrystaat. Hierdie eenheid het deelgeneem aan verskeie opsporingsaksies in die Vrystaat en Lesotho, insluitend die opsporing van vermiste persone en gesteelde en gekaapte voertuie.

Die toekennings erken individuele en eenheidwenners in elk van die nege provinsies vir hul bydrae tot die stryd teen voertuigmisdaad voordat die algehele wenners aangekondig word op die nasionale toekenningsgeleentheid.

Die keuringskriteria sluit in ‘n buitengewone bydrae op die gebied van voertuigmisdaadondersoeke met gebruik van die Tracker-stelsel, die hoeveelheid opsporings en arrestasies, uitsonderlike pogings in die gekoödineerde opsporingsaksies en ‘n besonderse bydrae tot die opleiding van lede.

Finaliste het ‘n sertifikaat ontvang as erkenning vir hul nominasie en spesiale bydrae in die stryd teen voertuigmisdaad. Die wenners het elk ‘n verpersoonlikte trofee ontvang, ‘n klein geskenk as bewys van waardering sowel as ‘n uitnodiging om die nasionale toekenningseremonie in Oktober by te woon.

Seithati Semenokane

seithati@centralmediagroup.co.za