
’n Groep leerlinge van die Dance Academy dansskool in Bloemfontein het onlangs aan die Nasionale Ierse Danskampioenskappe in Johannesburg deelgeneem, met beoordelaars van Ierland en Engeland wat die danse beoordeel het.

Ierse Danse. FOTO: VERSKAF
Die groep van elf leerlinge wat deelgeneem het, wissel in ouderdom vanaf 8 jaar tot 16 jaar, en hulle het in die onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem. Terwyl baie dansers goed gedoen het in hul ouderdomsgroepe, het Erika Reynolds, onder andere algeheel eerste gekom en só ook haar ouderdomsgroep gewen.
Sy het vier 1ste plekke, ’n 2de plek, twee 3de plekke, en ’n 7de plek behaal om die trofee te lig.
Carli du Plessis het deelgeneem in die 7 tot 8 ouderdomsgroep en het goud gekry vir al vier haar danse,
Warren Hawkins
warren@mahareng.co.za