Dans jou pad oop na geluk

0
3786

Al ooit gewonder waarom mense dans? Ritmiese beweging is instinktief en in baie kulture het mense tien-teen-een gedans nog voor hul ? woord daarvoor kon uitdink. As jou gunsteling liedjie op die radio speel begin jou voet vanself op die ritme stamp of jou vingers op die stuurwiel tik.
Sommige bronne meen dans spruit uit ‘n menslike behoefte aan persoonlike uitdrukking en om sosiale bande te smee. As Suid-Afrikaners is ons dalk meer as enige ander nasie terdeë bewus van die feit dat mense dans vir verskillende redes: om fees te vier, te rou, te betoog, uit te daag, eer te betoon, te vermaak, vlerk te sleep, te skep, te oefen, te ontspan, te genees.
Boonop kan enigiemand dans. Of dit nou “ring-a-ring-a-roses” op die skool se speelgrond is, die lawwe hoenderdans by ? troue is, heupe swaai terwyl jy skottelgoed staan en was, lyndans saam met vriende by ? partytjie is, ? grasieuse Weense Wals is wat oor die kompetisievloer gly, of in jou rolstoel heen-en-weer wikkel en s’e gooi op die maat van die musiek – dit kan deur mense van alle ouderdomme en fisiese vermoëns gedoen word!
Traumatiese gebeurtenisse kan baie stremming op die liggaam plaas en is dikwels moeilik om te verwerk. Sulke gebeurtenisse kan wissel van blootstelling aan mishandeling, ? ongeluk te sien gebeur, gediagnoseer te word met ? lewensgevaarlike siekte, of ? geliefde aan die dood af te staan, om maar ? paar voorbeelde te noem. ? Holistiese benadering vereis dat, eerder om inwaarts te keer en ons self van ons liggame te probeer afsluit (deur byvoorbeeld die gebruik van alkohol, dwelms, ooreting ens.), liggaamsuitdrukking gebruik word as ? metode om angs of depressie te verwerk. Dans kan veral hier ? rol speel deurdat dit nie net motoriese bewegings is nie, maar ook ? manier is om mens se emosies uit te druk. Kenners gee gelyk dat daar ? onderliggende wisselwerking is tussen gemoed en liggaam, en dat wat met die liggaam gebeur die gemoedstoestand kan affekteer (en omgekeerd).
So, aan die een kant kan mens jou emosies in jou dans instort, aan die ander kant kan jy dit gebruik as ? ontvlugtingsmiddel om vir ? wyle jou gedagtes van jou werksprobleme, onbetaalde rekeninge of siek familielid te verwyder. Verder is dans boonop goeie oefening en kan dit help met balans, postuur, selfversekerdheid, en om sosiale bande te smee.
Watter tipe dans is vir jou? Dalk gaan dit nie soseer oor die tipe dans nie, maar eerder oor die feit dat jy aan die beweeg moet kom. Lyndans is ? baie goeie opsie om te oorweeg – jy het nie ? dansmaat nodig nie en dit is geskik vir mense van alle ouderdomme en geslagte met verskillende vermoëns of talentvlakke. Boonop steun dit op verskeie dansvorme en mens kry byvoorbeeld walse, cha-cha’s en kontreidanse en nog meer.
Bohàm’s Dansskool spesialiseer in Baldanse, Latyns-Amerikaanse danse en Lyndans, en spog al met sowat 61 Nasionale titels (insluitende Rolstoeldans) en selfs ? Wêreldkampioen! Om Bohàm’s se 15de bestaansjaar te vier, sal die eerste 150 lesers wat Elsabé de Jager by 083 9673277 skakel ? gratis lyndans beginnersklas wen! Beginnersklasse word op Woensdae tussen 17:15 – 18:00 in Wilgehof Primêr se skoolsaal aangebied.