Dans die nag verby – al glansend en skitterend

0
716
Die Arco Musica-orkes. FOTO VERSKAF

Arco Musica was nog altyd bekend daarvoor dat hulle die Bloemfontein-gehoor in verwondering los en wil dit weer doen.

Dis hoekom Arco Musica op 18 Mei 2024 by Ramblers Club Ballroom die “Bling en Black Tie Ball” aanbied.

Inwoners van Bloemfontein word genooi om te kom baljaar in hul mees geskikte skitteren glansdrag. Soos deur Arco belowe, sal daar ’n verrassing vir die bes geklede paartjie van hierdie spesiale aand wees.

Hierdie onvergeetlike aand sal gevul wees met elegansie, goeie musiek, dans en hemelse kos. Daar sal spesiale optredes wees deur die Arcoorkes, asook briljante soliste – Arend Brink Jr, André Terreblanché, Cezanne Yzelle, en violis Donné Gough.

’n Keurige buffet sal die ete van die aand wees – die voorgereg, hoofgereg, geskik vir ‘n koning, en nagereg is spesiaal deur Arco se kulinêre span saamgestel vir dié Bling en Black Tie Ball-geleentheid. Vir inwoners wat belangstel om die geleentheid by te woon, bespreek jou kaartjies aanlyn by Quicket.co.za. Kaartjies kos R490 per persoon en sluit ook sjampanje, canapés, ’n heerlike ete en nagereg in.

Kaartjies is beperk so bespreek nou aanlyn. Diegene wat net die aand wil bywoon, lekker eet en mooi aantrek, kan dit ook soos ’n konsert kom geniet.

Arco Musica het lede van die gemeenskap versoek om hul sosialemediablad dop te hou vir inligting.

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za