DA verwerp wysigingswetsontwerp op SA Weerdiens

0
430

Dirk Kok.
Die DA sê hy verwerp die wysigingswetsontwerp van die SA Weerdiens, waarvolgens mense met miljoene beboet kan word of jare lank tronk toe kan gaan as hulle sonder die weerdiens se toestemming waarskuwings oor uiterste weerstoestande of lugbesoedeling rig.

Die party se Francois Rodgers sê van die voorstelle is drakonies en belaglik. Mense wat misleidende weer-inligting die wêreld instuur, moet wel gestraf word, maar nie-regeringsorganisasies en instansies wat ’n behoorlike inligtingsdiens lewer, moet ongestoord daarmee kan voortgaan.
 
Hy sê die wysigingswetsontwerp is te vaag en moet verfyn word.