DA in Vrystaat bankvas agter Zille-besluit

0
669

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Demokratiese Alliansie in die Vrystaat ondersteun Helen Zille se aankondiging dat sy haarself nie herverkiesbaar stel as leier van dié party nie. Provinsiale leier, Patricia Kopane, sê Zille se aankondiging gister was verrassend en onverwags.

"Helen is ‘n groot leier en sê altyd ‘n goeie leier moet weet wanneer om uit te tree en ‘n geleentheid aan nuwe bloed te bied om die DA op die pad voorentoe te lei."

Kopane sê onder Zille se leierskap het die DA tot die mees diverse politieke party nog in Suid-Afrika gegroei. Sy sê die DA in die Vrystaat sal bankvas agter die nuwe DA-leier staan omdat die land ‘n sterk opposisie-party nodig het.