E Copy

Date:

DA eis VS-LUR se kop

Christal-Lize Muller

Die DA in die Vrystaat gaan volgende week in die provinsiale wetgewer daarop aandring dat die omstrede LUR van gesondheid, Benny Malakoane, onmiddellik in die pad gesteek word.

Dit kom nadat die TAC gister ‘n soorgelyke versoek in die media gerig het. Die DA se Roy Jankielsohn, sê die nuutste beweringe teen Malakoane is dat hy glo sy invloed misbruik het om ‘n bed in die Dihlabeng-hospitaal op Bethlehem se hoësorg-eenheid aan ‘n persoon met ANC bande beskikbaar te stel.

Dit terwyl daar slegs drie beddens in dié eenheid beskikbaar is. Volgens Jankielsohn is ander pasiënte se name glo in die proses van ‘n noodlys verwyder. 

Jankielsohn sê die DA het ‘n klag teen die gesondheidsdepartement by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien. Die MRK moet die skending van menseregte ondersoek in die lig van die departement se beweerde onvermoë om gehalte gesondheidsdienste te lewer.

Volgens Jankielsohn kry pasiënte in talle hospitale oor die provinsie heen geen kos nie. Nood-operasies kan nie uitgevoer word nie en in baie hospitale is daar geen medisyne beskikbaar nie.

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...