E Copy

Date:

Crinums wen vierde Telkom Netballiga

Die Vrystaat Crinums is vir ‘n vierde keer die Telkom Netballiga-kampioene nadat hulle die spogreeks verlede week in Johannesburg gewen het.

Die Crinums het die sesmalige kampioene, die Gauteng Jaguars, in die eindstryd in die Ellispark Arena met slegs een doel getroef om die toernooi vir die eerste keer sedert 2015 te wen.

Die Crinums het letterlik ‘n doel in die laaste sekonde van die eindstryd aangeteken om die Jaguars met ‘n 47-46 sege te onttroon.

Die eindstryd was nĆ” die eerste kwart 10-10 gelykop gewees, maar die span van Bloemfontein het rustyd met 24-20 voorgeloop.

Die Vrystaat het aan die einde van die derde kwart ‘n voorsprong van een doel op 34-33 behou, maar die Jaguars het toe begin terugveg.

Die Jaguars het in die vierde kwart daarin geslaag om die voortou te neem vir ‘n kort rukkie. Die omkeer het gekom toe Refiloe Nketsa die bal onderskep het. Die Crinums kon daarin slaag om die agterstand uit te wis, en die Jaguars het toe probeer om gelykop te speel om te verseker dat daar ekstra tyd in die eindstryd sal wees.

Op ‘n tipiese Crinums-manier het hulle tot en met die eindfluitjie gespeel om die wendoel in die doodsnikke aan te teken.

Die Crinums-afrigter, Martha Mosoahle-Samm, het haar span geloof omdat hulle tot die einde geveg het.

“Ons het vir hulle gesĆŖ ‘Dames, ons gaan tot die 60ste minuut moet speel’, en dit is presies wat gebeur het,” sĆŖ Mosoahle-Samm.

“In die 58ste minuut was ons twee doele agter en ons het geweet ons moet een terugneem, en ons het dit gedoen.

“Ek moet regtig die Jaguars prys – hulle het soos kampioene gespeel. Ons het geweet dit gaan moeilik wees om teen hulle te speel en hulle het die beste temperament vir groot wedstryde.

“Ons moes met ons jonger spelers praat en seker maak dat hulle ook ingeskakel is en besef hoe groot hierdie wedstryd was.”

Die legendariese Vrystaat- en Protea-speler, Karla Pretorius, is as die Speler van die Toernooi aangewys, terwyl Nketsa as die beste Senter van die Toernooi aangewys is.
Die Crinums se ongelooflike sege beteken die Telkom Netballiga-trofee, die Curriebeker en Varsitybeker staan almal in Bloemfontein. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N SekondĆŖre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N SekondĆŖre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...