Covid combo ‘n oplossing vir sterker immuunstelsel

0
2041
Ilsabé Spoelstra, Dieetkundige

Ons immuunstelsels is onder druk agv die westerse dieet met verfynde kosse waar baie van die voedingstowwe vernietig is. Verder is die kos ook oorlaai met preserveer-middels en ander chemiese stowwe wat die lewer ooreis en dan ook die immuunstelsel verswak.

Daar is baie wat gedoen kan word om die immuunstelsel vinnig te “boost” en die vermoë om siektes afkomstig van virusse teen te staan. Die volgende paar aanvullings is die kragtigste en soos Francois Le Roux dit stel: “As ek siek word drink ek net daai doepa en dan is ek binne `n dag weer reg!” Ons noem dit ook ons Covid Combo:

  1. Bio Reform 39 – Met behulp van wetenskaplikes en jare se navorsing `n samestelling van vitamiene, minerale, aminosure en anti-oksidante in die regte verhouding tot mekaar vir optimale werking.
  2. Omega 3
  3. Vit D3 – Studies het bewys dat hoe beter die Vit D3 vlakke is, hoe laer is die sterfte syfers.
  4. Vit C, L-Lisien, Sink and Quercetin – Elimineer virusse
  5. Probiotika en Balans Perrepap – 80% van die immuunstelsel hang af van die spysvertering se gesondheid!

Covid Cocktail: Drink hierdie covid cocktail wanneer jy die eerste simptoom voel. Die idee is om te sip-sip daaraan vir 4-6 ure en dan weer te herhaal sodat jy deurentyd anti-virale voedingstowwe vir die selle gee. Maak dit soos volg aan.  Let Wel: Gebruik vir 2-3 dae en keer terug na normale dosisse. •    Groot beker warm water met 1 teelepel rou heuning

  • Balans Vit C poeier – 0.5 teelepel
  • Balans L-Lisien – 2 tot 3 kapsules oopgebreek en opgelos.
  • Zinplex B-complex – 1-2 tablette opgelos/ fyngedruk.
  • Quercetin – 1 kapsule oopgemaak en opgelos.
  • NAC – 1 kapsule oopgemaak en opgelos.

*Indien jy op enige chroniese medikasie is of simptome vererger, raadpleeg onmiddelik jou geneesheer of gesondheids praktisyn.

ARTIKEL IS GESKRYF DEUR: ILSABÉ SPOELSTRA, DIEETKUNDIGE VAN BLOEMFONTEIN