Courant en kliënte maak harte oop
Bloemfontein Courant en van sy kliënte het hulle harte en beursies oopgemaak om geld in te samel vir die Yade-uitreikasie. Yade bestaan uit 10 huise wat huisvesting en versorging vir sowat 200 behoeftige mense bied. Die geld sal aangewend word vir basiese behoeftes van die inwoners. Hier word die tjek aan Michelle Hammond van Yade (middel) oorhandig deur Maricelle Botha en Nettie de Beer van Courant.