Die drie boeke van die uitgewers Human & Rousseau is Sondag op ‘n voëlplaas deur Johann Nell; Wenkbou deur Deborah Steinmair en The Skinner’s Revenge deur Chris Karsten.
Die komiese raaiselroman van Steinmair het ‘n rits rare ervarings wat deur Aga en Jesse beleef word. Hulle word bygestaan deur "rowwejack dude" Claude, die keer met die hulp van sy vriendin, die wit sangoma Stasi Soldatos. Die roman is satiries, lig en vars.
Steinmair se debuutroman, Marike se laaste dans, is in 2011 met die Jan Rabie Rapportprys bekroon.
Karsten, bekroonde skrywer, se nuutste boek gaan weer mense aan die praat hê. The Skinner’s Revenge handel oor Ella Neser wat kompulsief op siekteverlof is ná haar kennismaking met reeksmoordenaar Abel Lotz. Abel vlug na Mosambiek, maar Ella weet dit is net ‘n kwessie van tyd voor hy weer begin moor.
Sondag op ‘n voëlplaas is ‘n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook ‘n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit deur ‘n plaasverlede gevoed word. Sondag op ‘n voëlplaas is Nell se debuutroman en vertel ‘n verhaal wat afspeel op ‘n volstruisplaas in die Kangovallei naby die Kangogrotte op sy geliefde Oudtshoorn. Lesers wat graag van die boeke wil lees, kan Bloemfontein Courant se webruimte besoek en onder die kategorie van kompetisies gaan loer.
Date: