Courant Boeke Kompetisie – 08/2013

0
1159

Een gelukkige Courant leser kan al vier hierdie boeke wen.

Kliek hier om in te skryf


Monument
Maretha Maartens

Margo Diederichs kom op die Vrystaatse dorp Winburg vrede maak met die ma wie se stryd sy nooit verstaan het nie. Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit van haar herkoms en identiteit kom uittorring.
Haar tyd op Winburg raak ’n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee. Sy kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet met die V in sy stert. Sy verken bywonerstentedorpe ná die Anglo-Boereoorlog. Die liefde en haat, die geloof en die diepste geheime van vier geslagte vroue van wie sy afstam, kom aan die lig in die Winburgse huis waaroor die aartsengelhond Michael snags waak. Margo stol voor die monument wat haar ma se buurvrou en dié se seuns ná ? plaasmoord gebou het. Sy hoor die hart van haar ma se oppasster, wie se grootjie in ’n swart konsentrasiekamp was. Ook daar sien Margo monumente.
’n Man wat haar aan Kipling se alleenkat herinner, veroorsaak dat haar besluit oor waar sy hoort — in die land van haar voorouers of in Israel by haar geliefde Yachin? – nie meer so maklik is nie.
Monument is feitefiksie. Dit is ’n verhaal rondom die Vrouemonument in Bloemfontein en ander monumente van klip en marmer. Maar ten diepste wys dié roman na die onvernietigbare monumente wat Suid-Afrikaners al die afgelope 100 jaar in mekaar se menswees bou. Monument vertel van die meesterbouers, die vroue van Sentraal-Suid-Afrika.
Skrywer: Maretha Maartens
Kategorie: Algemene fiksie
ISBN: 9780624063148
Datum Vrygestel: 20 Julie 2013
Prys (insl. BTW): R 195.00
Formaat: Sagteband, 382pp

Skrapnel
Irma Venter

Human & Rousseau

’n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper.
Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy ‘n storie oor ’n mynsindikaat dek. Sy hacker-vriendin, Sarah, spoor Ranna Abramson in Indië op. Volgens Sarah is Ranna, Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help.
Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verband met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê die leidraad om ’n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?
Skrywer: Irma Venter
Kategorie: Misdaad en spanningsromans
ISBN: 9780798162562
Datum Vrygestel: 10 Julie 2013
Prys (insl. BTW): R 190.00
Formaat: Sagteband, 392pp

Slagyster

Rudie van Rensburg

Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . .

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers.
Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het immers ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?
Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . .
Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n laaste waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?
Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.
Skrywer: Rudie van Rensburg
Kategorie: Misdaad en spanningsromans
ISBN: 9780795800627
Datum Vrygestel: 20 Augustus 2013
Prys (insl. BTW): R 190.00
Formaat: Sagteband, 352pp

Score my ‘n gwai
Marlize Hobbs

Human & Rousseau

Hierdie verhaal word deur twee vroue vertel: Miesa, dogter van ’n boer op ’n plaas naby Vryburg, en Siena, die vrou wat Miesa help grootmaak het. Na die grensoorlog keer Miesa se pa as ’n gebroke man terug. Hy sit op die stoep en drink en kaarte speel, terwyl die plaas vergaan.
In die aande kom hy na Miesa se kamer, waar sy sy onmag moet ontgeld. Miesa se ma maak ’n plaaswinkeltjie oop en Miesa vind ’n mate van ontvlugting daar. Dis ook in hierdie winkel waar sy haar eerste minnaares ontmoet en haar weg na die buitewêreld vind. Wanneer sy ’n outistiese dogtertjie aanneem, begin haar lewe sin kry en vind sy uiteindelik blywende liefde.
Skrywer: Marlize Hobbs
Kategorie: Algemene fiksie
ISBN: 9780798162548
Datum Vrygestel: 20 Julie 2013
Prys (insl. BTW): R 165.00
Formaat: Sagteband, 128pp

Kliek hier om in te skryf