Owen Kock
Bloemfontein. – Cosatu in Noordwes sê hulle gaan ‘n beroep op die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, doen om die raad van die Noordwes Universiteit te ontbind.
Cosatu-woordvoerder Solly Phetoe sê daar word nie genoeg aandag gegee aan die menseregteskending en rassediskriminasie by die instelling nie. Dit volg na die veelbesproke Nazi-saluut wat nuus oor die instelling die afgelope maand oorskadu het.
Cosatu sal môre op Menseregtedag ‘n optog na die instelling hou, waar hulle ‘n memorandum aan die universiteit sal oorhandig.
"Ons versoek dat die minster die raad ontbind en ‘n nuwe raad aanstel om met die situasie te werk so gou moontlik. Die voormalige rektor het bedank net voor sy termyn einde Mei sou verstrek, hoekom?" wou Phetoe weet.






