E Copy

Date:

Comrades ter nagedagtenis aan Karla

Atlete van regoor die wêreld tree vanjaar weer in Pietermaritzburg aan – die eerste keer in drie jaar – vir die bekende Comrades Marathon waar hulle sowat 90 km gaan aandurf om in die Moses Mabhida-stadion in Durban oor die eindstreep te draf.

Dewald Fourie is een van die atlete wat weer die Comrades gaan aandurf ná 2019, ter herinnering aan sy dogter Karla. Karla het in 2009 in die swembad geval. Hulle het met haar ingejaag Bloemfontein toe om haar kosbare jong lewe te probeer red. Sy het dit vir vyf dae oorleef, maar ongelukkig moes haar ouers daarna totsiens sê.

In 2018, het Fourie besluit hy wil die Comrades in 2019 vir haar hardloop. “Ek was oorgewig, ‘n goeie 145 kg. Almal het gedink ek is waansinnig. My vrou het wel ook besluit sy wil saamhardloop. Ons het begin oefen en ‘n marathon voltooi.”

Hy het egter in 2019 sy eerste Comrades alleen aangepak omdat sy vrou in ‘n ongeluk beseer is. Hy het dit ongelukkig nie voltooi nie.

“Ek het dit gemaak tot op Polly Shorts. Ek was twee sekondes te laat vir die afsnytyd en 6km voor die einde.” In 2022 het hulle wel besluit om dit weer aan te pak nadat die marathon in 2020 en 2021 deur Covid gekelder is. Dewald gaan ‘n klein kruis maak waarmee hy gaan hardloop.

Hy gaan die kruis teen ‘n graf laat opsit om die boek toe te kan maak en ‘n volgende boek oop te maak. “Ons sal haar nooit vergeet nie, maar ons moet aangaan met ons lewens saam met ons pragtige dogters.”

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...