Clocolan hou heel eerste Kersie Kapperjolle

0
2109
LANI FOUCHÉ

Die heel eerste Kersie Kapperjolle is vanjaar by The Cabin-padstal net buite Clocolan in die Oos-Vrytaat gehou. Die Kapperjolle gee aan plaaslike kunstenaars, baksters, kleremakers en kersieboere die geleentheid om hul vernuf aan talle besoekers ten toon te stel. Eienaar van The Cabin wat met hierdie idee vorendag gekom het, Antoinette Roos, meen die eerste Kapperjolle, wat van 16 tot 18 November vanjaar gehou word, het haar wildste verwagtinge oortref. "Ons dink daaraan om dit seisoenaal te hou. Dit werk baie goed, die mense vra vir nog!"

‘n Hulp-organiseerder, Elcora Botha, het vroeer gese daar is te veel inwoners van Clocolan wat nie die blootstelling vir hul hande-arbeid of innovasies kan kry nie. Dit, se sy, maak die Kapperjolle ‘n groot sukses.

Clocolan is een van die grootste kersie-produserende gebiede in die land, en het glo vanjaar ‘n uitstekende oes gehad.

Kian Lindenberg het die hele dag op die trekkers gespeel.

Retha Geldenhuys by haar Kersiestalletjie.

FOTO’S: LANI FOUCHÉ